Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika logo - 'n vleuelklavier omring met die teks "Kallie Swanepoel Klavierstemmers" bo op linkerkantste hoek van die bladsy

 

Laat ons harmonie in u lewe terugbring

Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Klavier Klawerbord vertikaal teen regtersy van bladsy by Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Klavierstem

Klavierstemvurk Klavierstemsleutel of klavierstemhamer
Paps Wig Kerntoonleerwiggies Rubber wig


Die Kuns Van Klavierstem
Klavierstemvoorbereidings
Klavierstemmetode
Klavierstem Op Konserttoonhoogte
Klavierstem In Unisoon
Gelykwaardige Stemming
Gereelde Klavierstem
Klavierstemstabiliteit
Maak Slegs Gebruik Van 'n Gekwalifiseerde Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem
Benodig U 'n Klavierstem?

Die Kuns Van Klavierstem

Klavierstem kan beskryf word as die proses wat gevolg word om klein veranderinge te maak aan die spanning van die snare van 'n klavier om sodoende die toonafstande met mekaar te versoen sodat die instrument harmoniseer met 'n stel tone, ook genoem tempering of stemstelsel. Klaviere word normaalweg volgens gelykwaardige stemming gestem en ook teen 'n standaardtoonhoogte van A440 Hz.

Die algemene metode wat gevolg word om 'n klavier te stem begin deur 'n reeks snare in die middel seksie van die klavier as kerntoonleer of -oktaaf te stem. Sodra die kerntoonleer gestem is, sal die klavierstemmer voortgaan om al die ander tone te stem deur oktaaf toonafstande of intervalle met die kerntoonleer te vergelyk.

Lees meer omtrent


Wat Is Klavierstem?
Laat U Klavier Gereeld Stem
Hoe Gereeld Moet My Klavier Gestem Of Nagesien Word?
Toonhoogte

Klavierstemvoorbereidings

Om die werk te doen met gerief vir albei partye, neem asseblief die volgende in ag wanneer 'n afspraak gemaak word vir klavierstem

  1. Wanneer u met ons konsulteer vir 'n kwotasie vir klavierstem, maak asseblief melding van enige meganiese defekte by die klavier wat dit onspeelbaar maak. Dit sal ons in staat stel om u te adviseer aangaande die prosedures vir klavierregulering of klavierherstelwerk.
  2. Wanneer u met ons konsulteer vir 'n kwotasie vir klavierstem, noem asseblief hoe lank gelede die klavier gestem of nagesien is. Dit kan help om te bepaal of 'n toonsverhoging nodig mag wees al dan nie.
  3. Wanneer u met ons konsulteer vir 'n kwotasie vir klavierstem, noem asseblief of u verkies dat die klavier op die internasionale standaard konserttoonhoogte gestem word.
  4. Wanneer u met ons konsulteer vir 'n kwotasie vir klavierstem, sê watter maak of model klavier u besit indien u oor die inligting beskik. Dis altyd gaaf om te weet waaraan ons gaan werk.
  5. Verwyder hindernisse soos 'n koffietafel, rusbank, en ander meubels wat die werkspasie opneem, sodat ons voor die klavier kan sit en werk.
  6. Verwyder alle voorwerpe soos boeke, blomplante en ornamente van die klavier om tyd te bespaar, omdat dit van bo oopgemaak word.
  7. Skep asseblief 'n stil omgewing tydens die klavierstem. Ons kompeteer nie met 'n grassnyer, stofsuier of harde musiek nie. 'n Raserige omgewing sal 'n akkurate klavierstem onmoontlik maak Ons moet hoor wat ons doen, want klavierstem vereis gehoorvaardigheid.

Lees meer omtrent


Klavierkwotasie
Klavierregulering
Klavierherstelwerk
Toonsverhoging
Toonhoogte

Klavierstemmetode

Daar is twee basiese metodes wat deur klavierstemmers gebruik word vir klavierstem


Klavierstem Op Gehoor
Klavierstem Met Behulp Van 'n Elektroniese Stemtoestel

Klavierstem Op Gehoor

Klavierstem op gehoor is die metode wat tradisioneel deur klavierstemmers gebruik is en steeds vandag nog gebruik word om klaviere met behulp van gehoor te stem. 'n Verwysingsnoot of 'n gekalibreerde gegewe frekwensie word gewoonlik met 'n stemvurkKlavierstemvurk verkry en die stemmer pas dan die toonhoogte van al die ander note aan, gebaseerd op die verwysingsnoot, deur slegs op gehoor staat te maak. dit is ook die metode wat ons verkies en in die praktyk gebruik, want ons kan hoor.

Klavierstem Met Behulp Van 'n Elektroniese Stemtoestel

'n Elektroniese stemtoestel ondersteun 'n klavierstemmer om, sonder om op gehoor staat te maak, 'n klavier te stem . Dit produseer 'n reeks toonhoogtes om die ideale stem van 'n gegewe klavier moontlik te maak. 'n Klavierstemmer kan dan die klavier in ooreenstemming bring met die toestel. Dit is onvermydelik om sekere gehoortegnieke daarmee saam tegebruik om die stem te verfyn. Dit sal nooit die oor vervang nie, maar kan 'n hulpmiddel daarvoor wees. Ons sal dit slegs aanwend om die proses van toonsverhoging of toonsverlaging te versnel.

Lees meer omtrent


Toonsverhoging
Toonsverlaging

Klavierstem Op Konserttoonhoogte

Standaard- of konserttoonhoogte is A-440 Hz of C-523 Hz, wat die internasionale toonhoogte standaard is. Daar is 'n paar ander ook, maar hulle word nie so gereeld gebruik of versoek nie.

Lees meer omtrent


Toonhoogte

Klavierstem In Unisoon

Normaalweg word twee of meer klaviere in unisoon gestem vir 'n uitvoering wanneer pianiste saam speel, byvoorbeeld, waar 'n klavier duet uitgevoer word. Hierdie klaviere sal dan op presies dieselfde toonhoogte gestem word en ook sodat die polstempo van al die intervalle, ook genoem toonafstande, ooreenstem. Dit word ook aanbeveel dat soortgelyke maak en modelle in so 'n uitvoering gebruik word.

Lees meer omtrent


Toonhoogte

Gelykwaardige Stemming

Die gelykwaardige getemperde toonleer is die mees algemene musikale toonleer wat tans gebruik word vir die stem van klaviere en ander instrumente met 'n relatiewe vaste toonleer. Dit verdeel die oktaaf in twaalf gelykwaardige halftone. Gelykwaardige stemming kan beskryf word as 'n stemstelsel waarin elke paar opeenvolgende note 'n identiese frekwensie verhouding het. 'n interval, ook genoem toonafstand, normaalweg die oktaaf, word verdeel in 'n reeks gelyke frekwensie verhoudings. Musikale intervalle, ook genoem toonafstande, word uitgedruk in sent, waarin een gelykwaardig getemperde halftoon gedefinieer word as100¢. dit verskaf 'n nuttige manier om intervalle, ook genoem toonafstande, te vergelyk in verskillende temperinge en ook om te besluit of sulke verskille musikaal toepaslik is.

Vir moderne Westerse musiek is die mees algemene stemstelsel wat gebruik word deur klavierstemmers, die twaalftoon Gelykwaardige Stemming, afgekort as 12-TGS. waar die oktaaf verdeel word in twaalf logaritmiese gelyke dele of halftone. Dit word normaalweg gestem met verwysing tot standaardtoonhoogte van 440 Hz. Wanneer die term "Gelykwaardige Stemming" gebruik word sonder dat dit gespesifiseer word, word dit verstaan as 12-TGS. Daar is ook ander bestaande gelykwaardige stemmings vir party oosterse musiek geskryf in 19-TGS en 31-TGS, terwyl 24-TGS gebruik word vir Arabiese musiek.

Die hoof voordeel van gelykwaardige stemming is dat dit dieselfde is in enige toonaard, sodat komposisies vrylik op en af getransponeer kan word sonder dat die musikale intervalle, ook genoem toonafstande, verander. Dit het gelykwaardige stemming die standaard stemstelsel van westerse musiek gemaak vir die afgelope tweehonderd jaar. die klavier klawerbord is die standard voorbeeld van gelykwaardige stemming en die vratte op 'n moderne kitaar is ook so geplaas dat die instrument in gelykwaardige stemming gevestig is.

Gereelde Klavierstem

'n Nuwe klavier behoort vier keer in die eerste jaar gestem te word. Daarna twee keer per jaar, een keer in die somer en een keer in die winter. Ouer klaviere kan jaarliks gestem word, maar klaviere wat gebruik word vir uitvoerings en opnames, meer gereeld volgens musikale behoeftes. Hoe gereeld die klavier gestem moet word, is nie slegs afhangend van hoeveel dit bespeel word nie, maar ook van klimaats- en seisoenale veranderinge. Klaviere is is ontwerp om die beste te klink op konserttoonhoogte. Indien u die klavier vir jare nie gestem het nie, mag dit 'n toonsverhoging benodig. Probeer om temperatuur- en humiditeitsvlakke te beheer in die vertrek waarin die klavier staan om groot veranderinge in toonhoogte te vermy.

Lees meer omtrent


Laat U Klavier Gereeld Stem
Hoe gereeld moet my klavier gestem of nagesien word?
Klaviertoonhoogte En Klimaat
Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Hoe Beïnvloed Temperatuur- En Humiditeitsveranderinge My Klavier?
Toonhoogte
Toonsverhoging
Verandering Van Klaviertoonhoogte

Klavierstemstabiliteit

Klavierstemstabiliteit kan gemeet word aan die periode wat 'n klavier in stem klink nadat dit gestem is. Met ander woorde, hoe langer 'n klavier in stem klink, hoe beter is die stemstabiliteit.


Faktore Wat Klavierstemstabiliteit Beïnvloed
Hoe Om 'n Klavier In Stem Te Hou

Faktore Wat Klavierstemstabiliteit Beïnvloed

  1. Humiditeitsveranderinge
  2. Temperatuursveranderinge
  3. Klavierverskuiwing
  4. Oordadige Harde Spel
  5. Veroudering of Verwering
  6. Verwaarlosing Van Die Klavier Of Klavierstem

Humiditeitsveranderinge

humiditeitsveranderinge is die hoof oorsaak van veranderinge in klavierstem. Wanneer al die hout onderdele soos die klankbord, penbalk en brüe in 'n vogtige omgewing is, sal die hout selle die vog absorbeer en uitswel, wat uitsetting veroorsaak en die snare stywer laat trek, om die klavier bo toonhoogte te laat styg. Aan die anderkant, as die klavier na 'n droïr omgewing verskuif word, sal die hout krimp. die snare sal hulle spanning verloor, en onder toonhoogte daal en hout kan ook kraak. Barste kan ooptrek en buz geluide kan gehoor word wanneer die klavier bespeel word. Dit kan ook lei tot vergroting van die gate vir die stempenne in die penbalk, wat los stempenne veroorsaak, om klavierstem onstabiel, of selfs onmoontlik te maak. Elke seisoenale verandering, nat of droog, laat 'n klavierstem wissel.

Lees meer omtrent


Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Hoe Beïnvloed Temperatuur- En Humiditeitsveranderinge My Klavier?

Temperatuursveranderinge

Die efek van temperatuursveranderinge is verwant tot humiditeit. Wanneer die staalsnare warm word, verslap hulle, verlaag spanning en die klavier daal onder toonhoogte. Wanneer die staalsnare afkoel, Word ulle stywer, verhoog spanning en die klavier styg bo toonhoogte. Dit gebeur elke winter en somer, dag en nag soos temperatuur verander, om klavierstem onstabiel te maak.

Lees meer omtrent


Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Hoe Beïnvloed Temperatuur- En Humiditeitsveranderinge My Klavier?

Klavierverskuiwing

'n Klavierverskuiwing kan ook 'n klavier ontstemd maak. die delikate posisie van die stempenne in die penbalk en die snare oor die brugpennetjies is sensitief. Wanner 'n klavier gedraai of hanteer word, kan daar 'n beweging in hierdie posisies wees.

Lees meer omtrent


Klavierverskuiwing
Klaviervervoer

Oordadige Harde Spel

Oordadige harde spel kan veroorsaak dat 'n klavier ontstemd raak indien die krag van die hamer sterk genoeg is om die klankgewende lengte van die snaar ver genoeg te laat rek om dit aan hoë wrywing te onderwerp.

Veroudering Of Verwering

Onderdele kan verouderd of verweer. Die onderdele verwant aan stemstabiliteit is hoofsaaklik van hout, terwyl party metaalonderdele ook kan ingee. die penbalk kan bars, of die stempenne los raak in die gate as gevolg van herhaalde stemmings of inkrimping van hout. die brüe bars gewoonlik inlyn met die brugpennetjies. Wanneer die snare dan tydens die klavierstem stywer getrek word, beweeg die pennetjies en hou nie die snare in posisie nie. Drukstawe, agraffes en haakpenne buig of beweeg ook soms.

Verwaarlosing Van Die Klavier Of Klavierstem

verwaarlosing van die klavier of klavierstem can ook 'n oorsaak wees dat 'n klavier ontstemd raak. Moenie die klavier verwaarloos nie en stemme sal meer stabiel wees. Indien die klavierstemmer weet wat hy/sy doen, sal meer stabiele stemme die gevolg wees.

Hoe Om 'n Klavier In Stem Te Hou

  1. Plasing
  2. Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
  3. Gereelde Stemming

Plasing

Streef daarna om die klavier in 'n vertrek te laat staan waar 'n konstante vlak van temperatuur en humiditeit gehantaaf word. Moenie die klavier in 'n trek laat staan deur dit by deure en vensters, wat gereeld oop gelaat word, te plaas nie. Vermy ook verwarmers, kaggels, stoom uit die kombuis en badkamer en direkte blootstelling aan die son.

Temperatuur- En Humiditeitsbeheer

Hoewel dit nie altyd maklik gedoen kan word nie, probeer om die vereisde vlakke van temperatuur en humiditeit te hantaaf. Deur die klavier te bedek wanneer dit nie gebruik word nie en dit toe te rus met 'n humiditeitsbeheertoestel. Dit sal grootliks bydra tot Klavierstemstabiliteit.

Lees meer omtrent


Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Hoe Beïnvloed Temperatuur- En Humiditeitsveranderinge My Klavier?

Gereelde Stemming

Gereelde Klavierstem verseker dat die speler gehalte harmonieuse klanke hoor. Hoe meer gereeld 'n klavier gestem word, hoe kleiner is die verstellings wat gemaak moet word deur die klavierstemmer tydens elke klavierstem. Hoe kleiner die verstellings wat gemaak moet word, hoe meer stabiel sal die klavierstem wees. Hoe meer stabiel 'n klavierstem is, hoeveel langer sal dit hou.

Lees meer omtrent


Laat U Klavier Gereeld Stem
Hoe Gereeld Moet My Klavier Gestem Of Nagesien Word?

Maak Slegs Gebruik Van 'n Gekwalifiseerde Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem

Maak Slegs Gebruik Van 'n gekwalifiseerde, Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem. Soos in alle ander beroepe, is daar ook agterplaaswerktuigkundiges wat in die klavierindustrie werksaam is. Maak gebruik van die klavierdienste van iemand wie 'n lid is van en geakkrediteer is by 'n beheerliggaam met outoriteit soos die Logo van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele KlavierstemmersSuid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers. Daar is 'n paar ongekwalifiseerde persone werksaam in Suid-Afrika en party wat selfs daarop aanspraak maak om 'n lid te wees van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers - gereeld verantwoordelik vir ernstige skade en skep ook meer werk as gevolg van gebrekkige kennis en vaardighede. klavier-eienaars sal wys wees om op hulle hoede te wees en te waak teen 'n vreemdeling gewapen met 'n stemvurkKlavierstemvurk en 'n valse glimlag, wat daarop aanspraak maak om 'n klavierstemmer te wees. Hou in gedagte dat 'n gekwalifiseerde klaviertegnikus behoorlike opleiding ontvang omdat hulle met delikate, duursame musiekinstrumente, wat normaalweg sentimentele waarde vir die eienaar het, moet werk. Lede van die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele KlavierstemmersSuid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers is toegerus met 'n identiteitskaart met 'n vervaldatum, wat lidmaatskap bevestig. Om 'n klavierstem deur 'n ongekwalifiseerde persoon te laat doen, is riskant en nie baie slim nie.

Lees meer omtrent


Keuse Van 'n Klaviertegnikus Ook Genoem Klavierstemmer
Waar Kry Ek 'n Gekwalifiseerde Persoon Om My Klavier Te Diens En In Stand Te Hou?

Benodig U 'n Klavierstem?

Indien u graag u klavier deur opgeleide en gekwalifiseerde kundiges wil laat stem, kontak ons of maak 'n afspraak met 'n klavierstemmer.

image - Kallie Swanepoel klavierstemmer doen  'n klavierstem in Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar

Gaan Na Navigasie Van Bladsy

Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele KlavierstemmersSuid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers

Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23

Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierstem

Valid HTML 4.01 Transitional vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierstem  Valid CSS vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierstem!

Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Pretoria Gauteng Suid-Afrika
Opgedateer op 20 Maart 2011
Kopiereg © 2006
Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierstem