Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika logo - 'n vleuelklavier omring met die teks "Kallie Swanepoel Klavierstemmers" bo op linkerkantste hoek van die bladsy

 

Laat ons harmonie in u lewe terugbring

Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Klavier Klawerbord vertikaal teen regtersy van bladsy by Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Klaviervervoer


Voorbereidings En Vereistes Vir Klaviervervoer
Klaviervervoerbeleid
Kortafstandklaviervervoer
Langafstandklaviervervoer
Benodig U Klaviervervoer?

Die vervoer van klaviere behoort deur 'n professionele persoon of maatskappy gedoen te word om besering van mense en skade aan die instrument te voorkom. Koste blyk dikwels baie hoog te wees, maar hou in gedagte dat die persoon of maatskappy wie die vervoer hanteer, nie net oor die kennis moet beskik om die klavier te kan ver voer nie, maar ook die risiko dra van skade aan die instrument gedurende die vervoerproses.

Voorbereidings En Vereistes Vir Klaviervervoer

Hier is 'n paar voorbereidings wat gemaak moet word en vereistes om aan te voldoen wanneer 'n klaviervervoer met ons gereël word

  1. Wanneer u met ons konsulteer vir 'n kwotasie vir klaviervervoer, maak seker dat u weet hoeveel trappe by die verskuiwing betrokke gaan wees. Dit sal verseker dat ons die geskikte gereedskap en nodige hoeveelheid personeel beskikbaar kan maak. Ons sal graag wil weet of daar alternatiewe roetes by die op- en aflaai-adresse vanwaar en waarheen die klavier vervoer gaan word, met minder trappe en hindernisse is. Dit kan tyd, moeite en koste bespaar.
  2. Doen vooraf afmetings van skerp draaie en nou ingange, om seker te maak dat die klavier wel sal inpas en na die nuwe plek verskuif kan word
  3. Verwyder hindernisse soos koffie-tafels, rusbanke, kartondose en ander meubelstukke wat die weg versper.
  4. Verwyder alle voorwerpe soos boeke, blompotte en ornament bo-op die klavier voordat die klavier opgelaai moet word.
  5. Duidelike instruksies vir aflewering moet verskaf word.
  6. Verseker asseblief dat 'n verantwoordelike persoon by die op- en aflaai-adresse teenwoordig is om die toestand van die klavier te verifieer en te bevestig dat die klavier veilig op- en afgelaai is.
  7. Tensy ander reëlings getref is, word 'n 50% deposito van die ooreengekome bedrag vereis voordat die klavier opgelaai word. Betaling van die uitstaande bedrag sal by aflewering gedoen word, deur middel van KBA betaling, 'n bankdeposito-strokie of bewys van elektroniese oorplasing.

Klaviervervoerbeleid

  • Die datum en tyd van haal en aflewering sal bevestig word.
  • Ons sal, met eie diskresie, die koste dra, die instrument vervang of herstelwerk gratis doen vir skade wat gelei is tydens die vervoer van die klavier.
  • Sodra die klavier afgelaai en op sy plek staan gemaak is, sal ons geen verdere verantwoordelikheid vir skade aanvaar nie.
  • Klaviervervoer sal as afgehandel beskou word wanneer die klavier by die eindbestemming afgelewer is.
  • Ons sal diskreet die aflewering van die klavier staak, hangende die risiko van wanbetaling.
  • Indien aflewering van die klavier nie aanvaar word soos ooreengekom nie, sal ons vergoeding eis om uitgawes te delg.
  • Indien die klavier deur ons gestoor moet word, is die koste vir die rekening van die kliënt en 'n addisionele fooi om die stoorkoste te dek, sal saam met die uitstaande bedrag gehef word.

Kortafstandklaviervervoer

Wanneer die klavier gehaal word, word dit op 'n klaviertrollie geplaas en vas gemaak om tot by die voertuig geneem te word. Die trollie word verwyder wanneer die klavier op die voertuig gelaai word. Die klavier word dan met 'n klavieroortreksel bedek en aan die voertuig vas gemaak om te verseker dat dit stabiel is en nie tydens die vervoerproses omval nie.

Wanneer dit by die eindbestemming afgelewer word, word die klavier los gemaak, die oortreksel verwyder, die klavier van die voertuig afgelaai, op die klaviertrollie geplaas en vas gemaak, op die nuwe plek geplaas en van die trollie verwyder.

Dit is die prosedure wat gevolg word vir die kortafstandvervoer van 'n regopklavier. Tydens die kortafstandvervoer van 'n vleuelklavier, word alle eksterne verwyderbare onderdele soos die pote en pedale af gehaal, afsonderlik verpak en bedek om weer by aflewering aan gesit te word.

Langafstandklaviervervoer

Afgesien van die verskil in Afstand, mag dit nodig wees om die klavier te verpak en te krat om in 'n vragmotor of -houer te kan gaan.

Dit is die prosedure wat gevolg word vir die langafstandvervoer van 'n regopklavier. Tydens die langafstandvervoer van 'n vleuelklavier, word alle eksterne verwyderbare onderdele soos die pote en pedale af gehaal, afsonderlik verpak en bedek om weer by aflewering aan gesit te word.

Benodig U Klaviervervoer?

Indien u 'n kortafstandklaviervervoer of langafstandklaviervervoer deur opgeleide en gekwalifiseerde kundiges benodig, kontak ons of maak 'n afspraak

Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar

Gaan Na Navigasie Van Bladsy

Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers

Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23

Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klaviervervoer

Valid HTML 4.01 Transitional vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klaviervervoer  Valid CSS vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klaviervervoer!

Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Pretoria Gauteng Suid-Afrika
Opgedateer op 05 April 2010
Kopiereg © 2006
Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klaviervervoer