Wat Is Klavierherstelwerk?
Klein Klavierherstelwerk
Groot Klavierherstelwerk
Koste Van Klavierherstelwerk
Benodig U Klavierherstelwerk?
Klavierherstelwerk sluit die vervang van, of herstelwerk aan, alle foutiewe onderdele in om die klavier speelbaar te maak. Alle klavierherstelwerk moet afgehandel wees alvorens klavierstem of klavierregulering gedoen kan word.
Lees meer omtrent
Klavierstem
Klavierregulering
Klein klavierherstelwerk soos die heg van los klawerbedekking, om 'n gebreekte hamersteel te vervang of om 'n gebreekte snaar te vervang, om slegs 'n paar te noem, kan by die perseel gedoen word waar die klavier staan.
Alle groot klavierherstelwerk moet in ons werkswinkel gedoen word. Hierdie herstelwerk sluit in, maar is nie beperk tot die volgende nie
Om die koste van klavierherstelwerk te bepaal, moet ons die klavier sien. Klavierkwotasies mag van klavier tot klavier verskil en ook vir wat die graad van herstelwerk betref. In sommige gevalle mag selfs 'n algehele klavierrestourasie benodig word.
Lees meer omtrent
Klavierkwotasie
Klavierrestourasie
Indien al die klawers van u klavier nie speel nie, of daar klap- of ander vreemde geluide saam met u klavierspel klink, is dit waarskynlik dat u klavier herstelwerk benodig. Om ons te laat kom om 'n kwotasie vir klavierherstelwerk te gee, kontak ons of maak 'n afspraak
Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar
Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers
Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23
Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierherstelwerk
Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers