Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika logo - 'n vleuelklavier omring met die teks "Kallie Swanepoel Klavierstemmers" bo op linkerkantste hoek van die bladsy

 

Laat ons harmonie in u lewe terugbring

Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Klavier Klawerbord vertikaal teen regtersy van bladsy by Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Klavierverhuring


Eenmalige Verhuring Vir Funksies Of Spesiale Geleenthede
Lang Termyn Verhuring
Instandhouding Van Die Klavier Tydens Verhuring
Skade Aan Die Klavier Tydens Verhuring
Ons Behou Die Reg Om Die Huurooreenkoms Te Eniger Tyd Op Te Skort
Beskikbare Klaviere
Benodig U 'n Klavierverhuring?

Eenmalige Verhuring Vir Funksies Of Spesiale Geleenthede

Wanneer 'n klavier vir 'n funksie of spesiale geleentheid benodig word maar die perseel waar dit plaasvind nie oor 'n klavier beskik nie, kan 'n klavier by ons vir hierdie doel gehuur word. Aangesien die klavier by die perseel afgelewer moet word, daarna boonop gestem moet word en weer na afloop van die funksie gehaal moet word, is die koste hoog. Kontak ons in hierdie verband en ons sal 'n kwotasie verskaf.

Lees meer omtrent


Klavierverskuiwing
Klaviervervoer
Klavierstem
Klavierkwotasie

Lang Termyn Verhuring

Hierdie is die mees algemene metode van verhuring en is aansienlik meer koste-effektief as verhuring vir funksies. Hierdie metode van verhuring is by uitstek geskik vir beginners wie eers 'n klavier wil huur alvorens hulle dit koop, veral waar ouers onseker is of hulle kinders die klavierlesse sal volhou en later hoegenaamd in klavierspeel sal belangstel. By aanvang van die huurooreenkoms is 'n vervoer- en eerste stemfooi saam met die eerste huurpaaiement betaalbaar. Hierdie fooi sluit die aflewering, 'n eerste klavierstem sowel as die afhaal van die klavier na beëindiging van die huur ooreenkoms in. Die minimum tydperk van verhuring is ses maande, maar die ooreenkoms kan onbepaald daarna voortgesit word op 'n maand kennisgewing basis vir beëindiging van die huurooreenkoms. U sal ook die opsie gebied word om die klavier, na beëindiging van die huurooreenkoms, teen 'n verminderde tarief, aan te koop.

Lees meer omtrent


Klavierverskuiwing
Klaviervervoer
Klavierstem
Klavieraankope

Instandhouding Van Die Klavier Tydens Verhuring

U het die gemoedsrus dat normale instandhouding, soos en wanneer nodig, vir die volle duur van die verhuringstydperk gratis uitgevoer sal word. Die klavier sal dus te alle tye in 'n baie goeie werkende toestand wees. Die klavier moet egter gereeld gestem en gereguleer word en die koste hieraan verbonde is vir u eie rekening. U mag die klavier se kabinet skoonmaak, maar mag slegs van metodes gebruik maak wat deur ons voorgeskryf word.

Lees meer omtrent


Klavierstem
Klavierregulering
Die Skoonmaak Van U Klavier
Geen Boeke, Swaar Voorwerpe, Blomplante En Drinkgoed Op Die Klavier Nie
Gereelde Klavierstem
Gereelde Stemming
Hoe Gereeld Moet My Klavier Gestem Of Nagesien Word?
Waarom moet my klavier gereeld versien word?
Hoe Moet Ek Omsien Na My Klavier?

Skade Aan Die Klavier Tydens Verhuring

Enige koste verbonde aan die herstel van die klavier voortspruitend uit skade wat daaraan aangerig is terwyl die klavier in u besit was, sal van u verhaal word.

Ons Behou Die Reg Om Die Huurooreenkoms Te Eniger Tyd Op Te Skort

Ons behou die reg voor om ter enige tyd die huurooreenkoms op te skort en die klavier terug te neem indien daar nie regmatig met die klavier gehandel word nie.

Beskikbare Klaviere

Benodig U 'n Klavierverhuring?

Kontak ons gerus vir meer inligting omtrent tariewe en beskikbare klaviere indien u daarin belangstel om 'n klavier te huur.

Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar

Gaan Na Navigasie Van Bladsy

Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele KlavierstemmersSuid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers

Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23

Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverhuring

Valid HTML 4.01 Transitional vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverhuring  Valid CSS vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverhuring!

Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Pretoria Gauteng Suid-Afrika
Opgedateer op 20 Maart 2011
Kopiereg © 2006
Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverhuring