
Wat Is Klavierregulering?
Doel Van Klavierregulering
Indien Ek My Klavier Gereeld Laat Stem, Waarom Moet Ek Dit Laat Reguleer?
Hoe Gereeld Is Regulering Noodsaaklik?
Hoe Sal Ek Weet Dat My Klavier Regulering Benodig?
Alle Klaviere Word Gereguleer
Benodig U Klavierregulering?
Regulering behels die fyn instelling en verstelling van al die onderdele van die meganiek, klawers en pedale, om te kompenseer vir slytasie, kompaktering en vestiging van vilt en leer, sowel as dimensionele veranderinge in hout- en vilt-onderdele as gevolg van humiditeit- en temperatuurwisselinge, op so 'n wyse dat dit aan al die voorskrifte daarvoor voldoen en in alle opsigte reëlmatig is. 'n Goedgereguleerde klavier sal die spel van die uitvoerende kunstenaar beantwoord. Voordat met regulering begin word, moet alle herstelwerk vakkundig en volledig afgehandel wees. Die vereistes vir regulering sal verskil van klavier tot klavier.
Wat Is Regulering En Hoe Beïnvloed Dit My Klavier Se Werking?
Wat Is Die Meganiek Van Die Klavier En Waarom Moet Dit Instand Gehou Word?
Wat Is Die Pedaalstelsel?
Wat Is Die Klawerbord?
Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Hoe Beïnvloed Temperatuur- En Humiditeitsveranderinge My Klavier?
Humiditeitsveranderinge
Temperatuursveranderinge
Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Waarom Is Restourasie Of Herbou Van Die Meganiese Stelsels Dikwels Nodig Voordat Regulering Gedoen Kan Word?
Klavierherstelwerk
Die doel van regulering is om die optimum werkverrigting en speelbaarheid van die klavier te bewerkstellig sodat presiese beheer oor die klankproduksie daarvan deur die speler verseker kan word. Dit beheer die aanslag en behoudende reaksie van u klavier se meganika wat noodsaaklik is om elke uitvoering genotvol te maak en verseker ook dat u klavier in staat is om die vereisde volumevlakke te kan produseer en handhaaf, 'n belangrike faktor, veral in pianissimo passasies.
Klavieraanslag
Klaviertonering
Howel stem die toonhoogte en harmonie van u klavier herstel, is dit slegs een komponent van 'n volledige instandhoudingsproses. Regulering beheer die aanslag en behoudende reaksie van u klavier se meganika wat noodsaaklik is om elke uitvoering genotvol te maak. Regulering verseker ook dat u klavier in staat is om die vereisde volumevlakke te kan produseer, 'n belangrike faktor, veral in pianissimo passasies.
Klavierstem
Toonhoogte
Klavieraanslag
Klaviertonering
Slegs u en u tegnikus kan besluit hoe gereeld u klavier regulering benodig. Dit is onderhewig aan die hoeveelheid wat die klavier gebruik word, blootstelling aan klimaatsveranderinge en kwaliteit, ouderdom en die toestand van die klavier. Nuwe klaviere mag regulering in hulle eerste jaar benodig, omdat die vestiging en kompaktering van onderdele partykeer verstelling noodsaaklik maak. Sommige fabrikante verminder koste deur nie die regulering en tonering prosesse deeglik uit te voer nie. Betroubare handelaars reguleer soms klaviere voor dit verkoop word, terwyl ander dit nie doen nie. Klaviere wat in uitvoerings gebruik word, mag regulering benodig voor dit gebruik word, as gevolg van die hoë eise wat aan hulle gestel word.
Waarom Moet My Klavier Gereeld Versien Word?
Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Hoe Beïnvloed Temperatuur- En Humiditeitsveranderinge My Klavier?
Humiditeitsveranderinge
Temperatuursveranderinge
Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Klaviertonering
moet u klavier gereguleer word.
'n Trae meganiek, of diep groewe in die hamers, dui op die noodsaaklikheid vir restourasie of herstelwerk. In geval van swak legato-aanslag, akkoorde wat gespeel word sonder dat al die note in die akkoord klink, 'n geleidelike verlies aan effektiwiteit van frasering asook die onvermoë om vinnige passasies uit te voer, of eweredige herhaling van note, kan die fout by die klavier lê en nie by die speler nie. Vra u klaviertegnikus ook genoem klavierstemmer, om vir u te wys wat gedoen moet word.
Klavieraanslag
Klaviertonering
Klavierrestourasie
Klavierherstelwerk
Alle regop- en vleuelklaviere moet van tyd-tot-tyd gereguleer word om die optimum werkverrigting in speelbaarheid en klankproduksie te lewer en om te verseker dat die klavierspel 'n genotvolle ervaring vir die pianis bly. Slegs u en u tegnikus kan besluit hoe gereeld u klavier regulering benodig. Dit is onderhewig aan die hoeveelheid kere wat die klavier gebruik word, blootstelling aan klimaatsveranderinge en die kwaliteit, ouderdom en toestand van die klavier. Nuwe klaviere mag regulering in hulle eerste jaar benodig, omdat die vestiging en kompaktering van onderdele partykeer verstelling noodsaaklik maak. Klaviere wat in uitvoerings gebruik word mag regulering benodig voor dit gebruik word, as gevolg van die hoë eise wat aan hulle gestel word. Indien u klavier 'n gebrek aan sensitiwiteit toon, 'n afname in volumebeheer het, die klawers nie gelyk is nie (party hoër of laer as die ander), die aanslag nie eweredig is nie of die klawers vassteek moet u klavier gereguleer word. In geval van swak legato-aanslag, akkoorde wat gespeel word sonder dat al die note in die akkoord klink, 'n geleidelike verlies aan effektiwiteit van frasering asook die onvermoë om vinnige passasies uit te voer, of eweredige herhaling van note, kan die fout by die klavier lê en nie by die pianis nie.
Tydens die klavierstemafspraak sal die klavierstemmer u adviseer omtrent die noodsaaklikheid van klavierregulering, al dan nie, afhangende van bogenoemde omstandighede. Indien u, na die bestudering van hierdie inligting, glo dat die speelbaarheid van u klavier verbeter kan word deur klavierregulering, kontak ons of Maak 'n Afspraak
Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar
Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers
Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23
Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierregulering
Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers