Kwotasie Tydens Klavierstemafspraak
Klavierkwotasie Vir Versekering
Geldigheid Van 'n Klavierkwotasie
Geen Telefoniese Kwotasies Vir Klavierherstelwerk Nie
Koste Van 'n Klavierkwotasie
Benodig U 'n Klavierkwotasie?
Wanneer 'n afspraak gemaak word vir die stem van 'n klavier maar daar tydens die afspraak vasgestel word dat die klavier nie in 'n speelbare toestand is nie en eers herstel moet word alvorens dit gestem kan word, word 'n kwotasie vir die herstel daarvan gegee. Dit is byvoorbeeld wanneer die klawers vashaak, nie repeterend speel nie, daar klapgeluide saam met die spel is, die klank aanhou - om net 'n paar voorbeelde te noem, sal die klavier eers gereguleer of herstel moet word om dit speelbaar te maak. Indien die klavier nie ekonomies herstelbaar is nie of die herstelkoste die waarde van die klavier oorskry, sal u dienooreenkomstig geadviseer word ten einde onnodige uitgawes te voorkom.
Maak 'n Afspraak - Beleid
Klavierstemvoorbereidings
Klavierherstelwerk
Klavierregulering
Klavierwaardasie
Versekeringsmaatskappye vereis dat 'n kwotasie vir herstelwerk aan klaviere, as gevolg van skade gely, saam met 'n eis ingedien word. Die kwotasie moet deur 'n klavierstemmer, wie lid is van die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers, uitgereik word. In sodanige gevalle kan u 'n afspraak maak waartydens bepaal sal word welke herstelwerk nodig is en of die klavier ekonomies herstelbaar is. U sal dan van 'n geskrewe kwotasie voorsien word wat aan u versekeringsmaatskappy verskaf kan word. Dit is belangrik om daarop te let dat versekeringsmaatskappye mag weier om skade wat aan klaviere veroorsaak is te dek indien hulle nie in besit is van 'n waardasiesertifikaat wat deur 'n klavierstemmer, wie lid is van die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers, uitgereik is nie.
Klavierherstelwerk
Klavierwaardasie Vir Versekering
'n Kwotasie vir klavierherstelwerk of klavierrestourasie is slegs geldig vir 'n tydperk van 30 dae vanaf die datum waarop die kwotasie gegee is. Dit is vanweë die feit dat materiaal en onderdele ingevoer word en die pryse bereken word teen die heersende wisselkoers. Alle ander kwotasies soos byvoorbeeld vir klavierverskuiwing of klaviervervoer, is ook slegs geldig vir 'n tydperk van 30 dae vanaf die datum waarop die kwotasie gegee is.
Klavierherstelwerk
Klavierrestourasie
Klavierverskuiwing
Klaviervervoer
'n Kwotasie vir klavierherstelwerk sal nie telefonies gegee word nie aangesien die klavier fisies ondersoek moet word ten einde 'n raak bepaling te kan maak van wat die herstelkoste sal beloop. Telefoniese kwotasies vir byvoorbeeld, klavierstem, word wel gegee, maar dan word daar veronderstel dat daar geen herstelwerk nodig sal wees nie.
Klavierherstelwerk
Klavierwaardasie
Klavierstem
'n Standaard uitroepfooi sal gehef word wanneer u besoek word om 'n kwotasie te gee. Dit is slegs bedoel om die vervoeronkoste, tyd opgeoffer, ensovoorts te delg en indien die kwotasie tydens die besoek aanvaar word, sal geen uitroepfooi gehef word nie. Indien u egter teen die kwotasie besluit sal die standaard uitroepfooi dadelik deur u betaalbaar wees.
Op u versoek sal 'n geskrewe kwotasie per e-pos aan u versend word. Om enige van die voormelde klavierkwotasies te laat doen, Kontak Ons of maak 'n afspraak.
Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar
Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers
Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23
Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierkwotasie
Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers