Koop 'n Klavier
Verkoop 'n Klavier
Indien u soos die meeste ander klavierkopersis, Sal u waarskynlik u klavier vir 40-50 jaar besit. U klavier sal 'n belangrike deel van die ameublement van u huis wees en sal u smaak en sin vir kultuur beklemtoon. Dit is dus heel waarskynlik dat u met groot omsigtigheid te werk sal gaan wanneer u 'n klavier wil koop. Gebruik u tyd en doen behoorlike navorsing voordat u so 'n groot belegging maak soos om 'n klavier te koop. Spyt kom altyd te laat. Speel liewer veilig en voorkom teleurstelling. Ons sien gereeld tweedehandse klaviere wat op die ingewing van die oomblik ge koop is deur oningeligde kliënte teen onredelik hoë pryse, waarvan die oorgrootte meerderheid herstelwerk benodig, of heeltemal onherstelbaar is. Dit is beter om liewer 'n klavierstemmer -tegnikus te raadpleeg vir 'n waardasie op 'n klavier waarin u belangstel om te koop.
Lees meer omtrent
Keuse Van 'n Klaviertegnikus Ook Genoem Klavierstemmer
Waar Kry Ek 'n Gekwalifiseerde Persoon Om My Klavier Te Diens En In Stand Te Hou?
Maak Slegs Gebruik Van 'n Gekwalifiseerde Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem
Klavierwaardasie By Aankope
Andersins kan u moedig wees en die volgende riglyne gebruik om u te help om hierdie gewigtige besluit te neem.
Klavierpryse
Watter Fabrikaat Om Te Koop
Lewensduur En Waarde Van Klaviere
Koop Van 'n Nuwe Klavier
Koop Van 'n Tweedehandse Klavier
Regopklavier Of Vleuelklavier
Akoestiese Of Digitale Klavier
Bo-demper VS Onderdemper
Reguitbesnaard VS Kruisbesnaard
Gietysterraam En Snare
Klankbord En Brûe
Toonkwaliteit En Aanslag
Huur Of Koop
In Suid-Afrika is nuwe klaviere baie duurder as tweedehandse klaviere, as gevolg van hoë invoerkostes en omdat tweedehandse klavier gereeld tot hulle oorspronklike toestand gerestoureer word. U kan ons kontak vir opgedateerde pryse vir nuwe en tweedehandse klaviere, of indien u sou belangstel in 'n private aankoop, sal u markverwante pryse vir tweedehandse klaviere in advertensies in u plaaslike koerant, of op die klavierverkope gedeelte, vind.
Lees meer omtrent
Klavierverkope
Daar is baie betroubare fabrikante wat hoë kwaliteit instrumente aan die klavierspelende gemeenskap verskaf. Die besluit sal afhang van smaak en bekostigbaarheid. U kan 'n paar klavierstemmers -tegnikuste raadpleeg omtrent wie hulle glo die beste verskaffers sal wees. Vra ook of hulle kontak het met privaat verkopers en of hulle 'n klavierhandelaar kan aanbeveel. vergelyk klaviere en kies die een wat na u smaak vertoon, klink en voel, eerder as om op 'n populêre handelsnaam staat te maak. Vroeër jare was die Duitse en Oostenrykse Steinweg (Steinway), Bechstein, Bosendorfer, Bluthner and iBach die gunstelinge, maar onlangs het maatskappye soos Yamaha and Kawai by hulle aangesluit.
Lees meer omtrent
Keuse Van 'n Klaviertegnikus Ook Genoem Klavierstemmer
Waar Kry Ek 'n Gekwalifiseerde Persoon Om My Klavier Te Diens En In Stand Te Hou?
Maak Slegs Gebruik Van 'n Gekwalifiseerde Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem
Klaviere het 'n lang lewensduur, ten minste 50 jaar, wat maak dat hulle hulle waarde relatief goed behou. Nuwe klaviere mag 'n gedeelte van hulle waarde verloor nadat hulle gekoop is, maar dit gebeur oor 'n lang tydperk. Die kwaliteit van materiaal wat by vervaardiging gebruik is,die ontwerp en konstruksie, en die toestander waaraan die klavier blootgestel was,sal die waarde en lewensduur van die klavier bepaal.
Lees meer omtrent
Klavierwaardasie
Indien u 'n betroubare klavierhandelaar vind, sal die klavier-aankoop sonder probleme verloop. Die kwaliteit van klavier wat u koop, sal bepaal word deur die bedrag wat u betaal en die keuse van klavier hang dus dan van u af. Indien u 'n nuwe klavier koop, kry u 'n splinternuwe instrument, nie 'n instrument wat gebruik en moontlik verniel is deur ander mense voor u nie. Indien u 'n nuwe klavier koop, maak seker dat u van 'n betroubare handelaar koop wie sy produk ondersteun en doen ook navorsing omtrent die agtergrond van so 'n handelaar. U kan ook met u musiekonderwyser of hulle klavierstemmer -tegnikus reël om u te help om 'n besluit te maak sodra u naastenby weet in watter klaviere u belangstel. Wanneer u 'n klavier gevind het, wat u voel aan u behoeftes voldoen, koop die een wat u probeer of op gespeel het, want dit mag wees dat 'n ander een van dieselfde fabrikaat of model totaal verskil in toonkwaliteit en aanslag.
Lees meer omtrent
Klavierverkope
Kry 'n Musiekonderwyser In Suid-Afrika
Keuse Van 'n Klaviertegnikus Ook Genoem Klavierstemmer
Waar Kry Ek 'n Gekwalifiseerde Persoon Om My Klavier Te Diens En In Stand Te Hou?
Maak Slegs Gebruik Van 'n Gekwalifiseerde Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem
Indien u 'n tweedehandse klavier wil koop, doen navraag by die verkoper omtrent die geskiedenis van die klavier as dit 'n privaat koop is. Die oorgrootte meerderheid gekwalifiseerde klavierstemmers verskaf geskrewe inligting binne-in die klavier, of, op 'n kaart, of in die klavierstoel. Wanneer u van 'n betroubare klavierhandelaar koop, sal die klavier professioneel gerestoureer wees tot die oorspronklike toestand, of indien dit slegs klein herstelwerkies benodig het, sal dit gedoen wees. Wees op die uitkyk vir oneerlike handelaars wat die klavier slegs kosmeties aanvaarbaar maak en dit dan as ten volle gerestoureerd probeer verkoop.
Lees meer omtrent
Klavierwaardasie By Aankope
Klavierverkope
Die prys en beskikbare ruimte is die twee hoof faktore vir oorweging by die aankoop van 'n regopklavier of vleuelklavier. 'n Regopklavier is veel goedkoper en neem minder ruimte op as 'n vleuelklavier.
Lees meer omtrent
Vleuelklaviere
Regopklaviere
Digitale klaviere is elektroniese toestelle wat gebruik maak van klankskyfies en luidsprekers om verskillende klavierklanke te produseer. Digitale klaviere het sekere voordele bo akoestiese klaviere soos die vermoê om ander klawerbord-instrumentklanke te maak soos byvoorbeeld, orrel, clavisimbel en slaginstrumente om begeleiding te verskaf, asook die vermoê om opnames van uitvoerings te maak. In teenstelling met akoestiese klaviere, hoef digitale klaviere nie gestem te word nie en hulle is baie ligter en makliker om te verskuif en te vervoer as tradisionele akoestiese klaviere. Op 'n minder positiewe noot, digitale klaviere is steeds nie die gelyke van tradisionele akoestiese klaviere vir so ver dit toon- en klankkwaliteit en aanslag aanbetref nie. Die meeste musiekonderwysers vereis dat hulle studente op akoestiese klaviere oefen, eerder as op digitale klaviere, omdat daar tegnieke is wat op 'n digitale klavier nie tot hulle volle reg kom nie. 'n Klein hoeveelheid van musiekonderwysers is gemaklik met die gebruik van digitale klaviere. Die klaviatuur van akoestiese klaviere beslaan 8 oktawe en meer wit en swart note, terwyl sommige digitale klaviere tot slegs 4 of 6 oktawe beperk word.
Lees meer omtrent
Sal Ek Nie Minder Uitgawes En Meer Genot Hê Van 'n Elektroniese Gesintetiseerde Klavier Nie?
Klavierverskuiwing
Klaviervervoer
Kry 'n Musiekonderwyser In Suid-Afrika
In 'n bo-demper meganiek kan die hamers nie van bo gesien word nie, want hulle word verberg deur 'n hout balk wat die dempers in posisie hou met die demperdrade wat vertikaal aan die agterkant van die hamerrus gesien kan word. Hierdie is 'n baie ou ontwerp en nie baie doeltreffend nie, omdat die dempers te na aan die brûe geleë is en hulle val terug in hulle rusposisie met slegs hulle eie gewig.
In 'n onderdemper meganiek is die dempers onder die hamers geleë. Dit is 'n moderne en baie beter ontwerp en baie meer doeltreffend as 'n bo-demper meganiek, omdat die dempers laer af teen die snare onder die brûe geleë is en hulle is toegerus met dempervere sodat hulle nie op hulle eie gewig terug val in die rusposisie nie.
In 'n reguitbesnaarde klavier loop al die snare paralel tot mekaar oor die klankbord vanaf die begin van die bas tot aan die einde van die diskant van die klavier, terwyl die bas snare van 'n kruisbesnaarde klavier diagonaal bo-oor die diskant snare loop. Skaf verkieslik 'n kruisbesnaarde klavier aan, aangesien die snare baie langer is as in 'n reguitbesnaarde klavier van dieselfde grootte, omdat die snare diagonaal in die klavier is en dit verseker 'n baie beter toonkwaliteit. Die spanning van die snare is ook eweredig oor die raam versprei, om stemstabiliteit te ondersteun.
Lees meer omtrent
Klavierstemstabiliteit
Die gietysterraam kan die beste gesien word in die onderkant van die klavier aan die voorkant van die raam in 'n regopklavier. Dit beslaan die grootste gedeelte binne die klavier, as dit 'n volraam is. 'n Volraam is ook 'n baie beter ontwerp as 'n driekwart- of halfraam.
Die snare is geheg aan die haakpenne op die raam aan die onderkant en aan die stempenne aan die bokant. In tweedehandse klaviere moet daar altyd gekyk word vir roes op die gietysterraam by die haakpenne aan die onderkant en die stempenne aan die bokant, krake in die gietysterraam, krake in die penbalk waar die stempenne gelë is, stempenne wat hang na onder en snare wat kort en snare wat vervang is (die nuwe snare sal blink en 'n ander kleur wees).
Die klankbord is 'n vernisde hout paneel en kan onder die snare gesien word. Die brûe is die hout gedeeltes wat op die klankbord vas gelym is, waarin daar pennetjies, genoem brugpenne, geslaan is. By tweedehandse klaviere moet daar altyd gekyk word vir moontlike krake in die klankbord en brûe.
Maak seker dat die klavier instaat is om 'n groot verskeidenheid van verskillende musiekstyle en spelers te kan hanteer. Kry 'n klavier met 'n bevredigende toonkwaliteit in die middel register met goeie balans in die hoë en lae registers. Vermy klaviere met 'n skerp metaal klank. Soek vir 'n toonkwaliteit wat univorm en gebalanseerd oor die hele spektrum van die klavier is. Kry 'n klavier wat dieselfde gelykmatige aksie oor die hele klaviatuur het. Vermy klaviere met 'n ongelyke toonkwaliteit en aanslag. Raadpleeg u klavierstemmer -tegnikus of musiekonderwyser om seker te maak dat die klavier 'n konstante en gelyke toonkwaliteit en aanslag oor die hele spektrum het. Die klavier moet 'n gemaklike en gelyke reaksie hê.
Lees meer omtrent
Klaviertonering
Klavieraanslag
Klavierregulering
Keuse Van 'n Klaviertegnikus Ook Genoem Klavierstemmer
Waar Kry Ek 'n Gekwalifiseerde Persoon Om My Klavier Te Diens En In Stand Te Hou?
Maak Slegs Gebruik Van 'n Gekwalifiseerde Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem
Kry 'n Musiekonderwyser In Suid-Afrika
Indien u 'n klavier huur, vermy u die uitgawe van 'n groot som geld vooruit. As u van gedagte verander en besluit dat musiek nie vir u is nie, kan u die klavier aan die klavierverhuringsmaatskappy terug gee sonder dat u 'n groot finansiële verlies ly. Hou egter in gedagte dat die maandelikse huurfooi nie u enigste uitgawe sal wees nie, maar u sal ook vir die verskuiwing van die klavier moet betaal wanneer die klavier afgelewer en gehaal word en die meeste mense betaal ook vir periodieke besoeke van die klavierstemmer -tegnikus. Om 'n klavier te huur beteken dat u dus nie belê in 'n bate wat later aan u sal behoort nie. Indien u wel 'n klavier koop, maak u 'n lang termyn belegging.
Lees meer omtrent
Klavierverhuring
Klavierverskuiwing
Klaviervervoer
Klavierstem
Klavierverkope
Indien die antwoord op enige van hierdie vrae "ja" is, kan ons help. Ons koop gebruikte klaviere en betaal markverwante pryse. Kontak ons sodat ons u kan besoek en aan u 'n onweerstaanbare aanbod kan maak.
U kan ook die klavierverkope-afdeling van ons webblad besoek en u klavier daar adverteer indien u dit privaat wil verkoop.
Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar
Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers
Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23
Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavieraankope
Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers