Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika logo - 'n vleuelklavier omring met die teks "Kallie Swanepoel Klavierstemmers" bo op linkerkantste hoek van die bladsy

 

Laat ons harmonie in u lewe terugbring

Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Klavier Klawerbord vertikaal teen regtersy van bladsy by Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Profiel


Kallie Swanepoel In Opleiding
Klavierstempraktyk Te Worcester
Kallie Swanepoel Te Port Elizabeth
Kallie Swanepoel Speel Rekenaar
Kallie Swanepoel In Die Bankwese
Stigting Van Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Kallie Swanepoel In Opleiding

Kallie Swanepoel begin sy klavierstemopleiding in 1991 aan die Instituut vir Blindes op Worcester. Hy verwerf 'n diploma in klavierstem aan die einde van 1993, waarna hy in 1994 'n praktiese jaar by gevestigde klavierstemmers te Springs en Potchefstroom voltooi. 'n Praktiese eksamen word dan ook aan die einde daarvan afgelê, wat hom in staat stel om lidmaatskap van die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers te verkry.

Klavierstempraktyk Te Worcester

Aan die begin van 1995, met meer moed as wysheid, huur Kallie 'n stoorkamer vanwaar hy 'n baie klein klavierstempraktyk bedryf. 'n Persoonlike assistent word aangestel om die telefoon te beantwoord en kliënte te ontvang. Gou vind hy uit dat daar nie genoeg blootstelling in Worcester en omgewing is om 'n bestaan te maak nie en besluit hy om na Pretoria te verhuis. Kallie word egter deur die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers aangeraai om eerder 'n praktyk in Port Elizabeth te begin. Dit sou hy dan later ook doen, maar eers nadat hy, na 'n periode van indiensopleiding, 'n pos as bemarkingsbestuurder by 'n bemarkingsmaatskappy aanvaar het. Die grootste gedeelte van 1996 word gevolglik hieraan gewy.

Kallie Swanepoel Te Port Elizabeth

Op aanbeveling van die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers verlaat Kallie Swanepoel Worcester in 1997 om 'n klavierstempraktyk, nie in Pretoria nie, maar in Port Elizabeth te begin. Vir die volgende twee jaar word daar 'n ekonomiese oorlewingstryd gevoer, wat niks meer as kwaliteit ondervinding vir hom in die sak bring nie. Die jong klavierstemmer loop hom male sonder tal vas in groot uitdagings wat die hoof gebied moet word en leer vinnig daaruit.

Kallie Swanepoel Speel Rekenaar

Op die klavierfront het daar in 1999 nie veel gebeur nie. Hy word gekeur om 'n rekenaarkursus in Pretoria te volg en verhuis gevolglik na die jakarandastad in 1999 waar hy twee kursusse suksesvol deurloop. Hy aanvaar daarna diens by 'n klein rekenaarmaatskappy en doen soveel moontlik ondervinding in hierdie nuwe veld op. Gedurende hierdie tyd bou hy stadig maar seker 'n nuwe kliënte rekord op wat deeltyds bygewerk word.

Kallie Swanepoel In Die Bankwese

Kallie was vanaf die jaar 2000 tot aan die einde van 2002 werksaam by 'n groot bankgroep te Pretoria en het na-ure, vir 'n aanvullende inkomste, aan klaviere gewerk. In hierdie tyd het hy bekendheid verwerf vir die hoë kwaliteit werk wat hy lewer en vir sy ywer en passie vir die klavierberoep. Die instandhouding van klaviere en die aanvraag vir hierdie diens het so 'n belangrike rol in sy lewe begin speel, dat hy die bankwese noodgedwonge moes verlaat om voltyds aan sy klavierpraktyk aandag te kon skenk.

Stigting Van Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Hierdie jong dinamiese klavierstemmaatskappy is in Januarie 2003, met drie personeellede, te Pretoria gestig. Dit sluit die eienaar, Kallie Swanepoel, sowel as twee assistente in. Daar word van tyd-tot-tyd ook gebruik gemaak van subkontrakteurs vir die herstelwerk aan en herpolering van klavierkabinette. Danksy lojaliteit en harde werk, het die maatskappy vinnig gegroei en van krag-tot-krag gegaan en bied dit diens van hoogstaande gehalte aan die klavierspelende gemeenskappe van Pretoria en omliggende gebiede asook die res van die Gauteng provinsie, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en selfs een van ons buurlande, naamlik Botswana. Van die bekende instansies soos die Universiteit van Pretoria en die Pretoria Staatsteater maak van Kallie se dienste gebruik asook bekende musici en 'n verskeidenheid musiekonderwysers. Verskeie kerke en skole is ook reeds kliënte van Kallie maar die oorgrootte meerderheid kliënte bly steeds individue by private huishoudings. Die maatskappy doen ook veelsydige en gereelde uitstallings by die Pretoria skou en die Homemakersfair, as 'n positiewe bydrae tot die ekonomie deur onder andere die klavierstemberoep te bevorder en die publiek aangaande klavierverwante aangeleenthede in te lig en op te voed.

image - Kallie Swanepoel klavierstemmer doen  'n klavierstem in Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar

Gaan Na Navigasie Van Bladsy

Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers

Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23

Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Profiel

Valid HTML 4.01 Transitional vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Profiel  Valid CSS vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Profiel!

Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Pretoria Gauteng Suid-Afrika
Opgedateer op 05 April 2010
Kopiereg © 2006
Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Profiel