Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika logo - 'n vleuelklavier omring met die teks "Kallie Swanepoel Klavierstemmers" bo op linkerkantste hoek van die bladsy

 

Laat ons harmonie in u lewe terugbring

Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Klavier Klawerbord vertikaal teen regtersy van bladsy by Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Klavierverskuiwing


Gebruik Altyd 'n Deskundige Vir Klavierverskuiwing
Waarom Nie Self 'n Klavierverskuiwing Aanpak Nie
Voorbereidings Vir Klavierverskuiwing
Verlang u 'n Klavierverskuiwing?

Gebruik Altyd 'n Deskundige Vir Klavierverskuiwing

'n Klavier is 'n baie swaar, moeilik hanteerbare en duursame instrument waarvan die herstelkoste baie hoog kan wees. Daarom moet dit deur ervare kundiges verskuif word. Hierdie kundiges, wat hoofsaaklik uit persone in die klavierbedryf bestaan en wie lid is van die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers, sal nie net oor gespesialiseerde toerusting beskik en die beste tegnieke gebruik om die klavierverskuiwing vinnig, maklik en effektief af te handel nie maar sal ook oor die nodige kennis beskik om enige moontlike probleem die hoof te kan bied. U kan groot skade aan u eiendom voorkom (nie net aan u klavier nie) deur van 'n betroubare professionele persoon gebruik te maak wie die nodige toerusting, kennis en vaardighede het vir klavierverskuiwing. Selfs al wil u 'n klavier van een vertrek in u woning na 'n ander verskuif is dit raadsaam om eerder van die dienste van 'n bekwame professionele persoon gebruik te maak. Vir u gemoedsrus verskaf ons ook hierdie diens teen 'n bekostigbare tarief.

Lees meer omtrent
Klaviervervoer Of -Verskuiwing
Klaviervervoer

Waarom Nie Self 'n Klavierverskuiwing Aanpak Nie

Om 'n klavier te bespeel verskaf meer vreugde en plesier as die kopseer en probleme van ' verskuiwing. Hulle mag pragtige musiek maak, maar met 'n gewig van 150-500 kilogram, is klaviere swaar, moeilik om te hanteer, groot en 'n ongemaklike voorwerp om te dra. Indien u een in die verskuiwingsproses laat val, sal dit u 'n fortuin kos om te vervang. Om 'n klavier deeglik te verpak en om tyd en moeite te maak om dit veilig self te verskuif,kan beserings en ander onnodige moeilikheid in 'n huishoudelike verskuiwing veroorsaak.

Voorbereidings Vir Klavierverskuiwing

Hier is 'n paar voorbereidings wat u kan maak vir 'n klavierverskuiwing met ons.

  1. Wanneer u met ons konsulteer vir 'n kwotasie vir klavierverskuiwing, maak seker dat u weet hoeveel trappe by die verskuiwing betrokke gaan wees. Dit sal verseker dat ons die geskikte gereedskap en nodige hoeveelheid personeel beskikbaar kan maak. Ons sal graag wil weet of daar alternatiewe roetes by die verskeie punte vanwaar en waarheen die klavier geskuif gaan word, met minder trappe en hindernisse is. Dit kan tyd, moeite en koste bespaar.
  2. Doen vooraf afmetings van skerp draaie en nou ingange, om seker te maak dat die klavier wel sal inpas en na die nuwe plek verskuif kan word.
  3. Verwyder hindernisse soos koffie-tafels, rusbanke, kartondose en ander meubelstukke wat die weg versper.
  4. Verwyder alle voorwerpe soos boeke, blompotte en ornament bo-op die klavier.

Verlang u 'n Klavierverskuiwing

Ons lewer flinke en professionele diens en u kan verseker wees dat u klavier met die grootste sorg verskuif word. Laat ons die verantwoordelikheid en risiko vir u klavierverskuiwing op ons neem. Onthou 'n klavier is 'n belegging maar dan moet dit in 'n goeie toestand gehou word. Skade wat aan 'n klavier aangerig word, hetsy tydens 'n verskuiwing al dan nie, sal noodwendig beteken dat die waarde van u belegging sal verminder. In die lig hiervan word dit ten sterkste aanbeveel dat daar van gekwalifiseerde professionele persone gebruik gemaak word wanneer klaviere verskuif word. Indien u van ons gebruik maak om die klavier te verskuif, tref ons self reëlings vir versekering en die koste word by die van die verskuiwing ingesluit. Indien u 'n kwotasie vir 'n suksesvolle en kommervrye klavierverskuiwing deur betroubare, bekwame deskundiges benodig, Kontak Ons of maak 'n afspraak.

Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar

Gaan Na Navigasie Van Bladsy

Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers

Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23

Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverskuiwing

Valid HTML 4.01 Transitional vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverskuiwing  Valid CSS vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverskuiwing!

Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Pretoria Gauteng Suid-Afrika
Opgedateer op 05 April 2010
Kopiereg © 2006
Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Klavierverskuiwing