Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika logo - 'n vleuelklavier omring met die teks "Kallie Swanepoel Klavierstemmers" bo op linkerkantste hoek van die bladsy

 

Laat ons harmonie in u lewe terugbring

Kallie Swanepoel Klavierstemmers

Klavier Klawerbord vertikaal teen regtersy van bladsy by Kallie Swanepoel Klavierstemmers Pretoria Gauteng Suid-Afrika

Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Algemene Klavieradvies


Laat U Klavier Gereeld Stem
Die Skoonmaak Van U Klavier
Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Geen Boeke, Swaar Voorwerpe, Blomplante En Drinkgoed Op Die Klavier Nie
Klaviervervoer Of -Verskuiwing
Keuse Van 'n Klaviertegnikus Ook Genoem Klavierstemmer
Ter Afsluiting Van Basiese Klavierversorging

Hier is 'n paar wenke om u behulpsaam te wees met die basiese versorging en instandhouding van u klavier en om te verseker dat dit vir baie lank behoue sal bly. Dit kan u ook help om onnodige uitgawes te vermy.

Laat u klavier gereeld stem

Klaviere is ontwerp om die beste te klink op die internasionale standaard- of konserttoonhoogte van A-440 of C-523.3 Hertz (siklusse per sekonde). U klavier sal die beste klank moontlik voortbring en aan u die grootste genot verskaf, indien u dit gereeld laat stem, dit wil sê, ten minste een- tot tweekeer per jaar en dit ook deurlopend in behoorlik speelbare toestand hou. Tydens die proses van klavierstem, sal u klaviertegnikus, ook genoem klavierstemmer, in staat wees om aan u enige inligting te verskaf rakende moontlike noodsaaklikheid betreffende klavierregulering of klavierherstelwerk, asook aanbevelings maak omtrent watter maatreëls ingestel kan word om die moontlikheid van toekomstige skade te voorkom. Indien u klavier gereeld deeglik gestem word, word die oor opgelei om 'n harmonieuse klank te waardeer en u sal kan onderskei tussen 'n gestemde of ongestemde klavier. 'n Toonsverhoging is dikwels ook nodig wanneer 'n klavierstem vir jare nie gedoen was nie.

Lees meer omtrent
Gereelde Klavierstem
Gereelde Stemming
Hoe Gereeld Moet My Klavier Gestem Of Nagesien Word?
Waarom moet my klavier gereeld versien word?
Klavierstem Op Konserttoonhoogte
Toonhoogte
Klavierregulering
Klavierherstelwerk
Toonsverhoging

Die Skoonmaak Van U Klavier

Die klawers moet bedek word, wanneer dit nie in gebruik is nie, om te voorkom dat stof daarop saampak. Ivoorklawers benodig matige blootstelling aan lig om vergeling tee te werk. Klawers kan maklik skoongemaak word, deur dit met 'n klam lap af te vryf, van agter-na-voor en nie van kant-tot-kant nie en hulle dan onmiddellik af te droog. Indien saamgepakte vuilis nie met 'n klam lap verwyder kan word nie, kan 'n ligte seep, of skottelgoed-opwasmiddel ook op die lap aangewend word, voor die klawers gevryf word. Raadpleeg u klaviertegnikus, ook genoem klavierstemmer, om enige vuiligheid of merke, wat u nie met hierdie metode verwyder kry nie, af te haal. Moenie chemikalieë of oplossings gebruik om die klawers skoon te maak nie. Nuwe klavierafwerkings kan nou en dan met 'n droë of klam katoenlap afgevee word, terwyl ouer klavierafwerkings mag baat vind deur poleer te word met 'n hoë kwaliteit politoer, maar gereelde polering word egter nie aanbeveel nie. Hou die afwerking van u klavier in stand deur die kabinet met 'n klam katoenlap af te vee om vingermerke te verwyder, of poleer met 'n betroubare, vloeibare waterbasisoplossing, volgens die vervaardiger se aanwysings. Moenie aërosol spuitpolitoer met 'n silikoon-inhoud gebruik nie, dit kan die snare en meganiese onderdele beskadig indien die oorsprei daarmee in aanraking kom. Vertrou u klaviertegnikus, ook genoem klavierstemmer, om 'n bepaalde handelsnaam van 'n geskikte politoer aan te beveel. Laat die skoonmaak en instandhouding van die binnekant van die klavier oor aan u klaviertegnikus ook genoem klavierstemmer. Moenie self binne-in die klavier afstof, die bewegende dele probeer olie of insekdoders aanwend nie.

Lees meer omtrent
Hoe Moet Ek Omsien Na My Klavier?

Temperatuur- En Humiditeitsbeheer

Probeer om die temperatuur en voggehalte in die lug, van die vertrek waarin die klavier staan, konstant te hou, (19 grade Celsius en 42 persent relatiewe vogtigheid), deur dit weg te hou van 'n verwarmer in die winter, 'n lugversorger-uitgang in die somer, 'n kaggel, 'n venster of buite-deur wat gereeld oop-en-toe gemaak word en ook direkte sonlig. 'n Klavier moet verkieslik nie teen 'n buitemuur staan nie, tensy die vertrek totaal geïsoleer is. Laat die klavier eerder teen 'n binnemuur staan en voorkom dat dit in 'n trek staan. Daar is toestelle in die handel beskikbaar wat kan bydra tot goeie Temperatuur- En Humiditeitsbeheer om 'n meer gunstige klimaat vir u klavier te skep.

Lees meer omtrent
Hoe Beïnvloed Temperatuur- En Humiditeitsveranderinge My Klavier?
Humiditeitsveranderinge
Temperatuursveranderinge
Temperatuur- En Humiditeitsbeheer
Klaviertoonhoogte En Klimaat

Geen Boeke, Swaar Voorwerpe, Blomplante En Drinkgoed Op Die Klavier Nie

Moenie swaar voorwerpe op die klavier pak nie, want die struktuur van die klavier is ontwerp en vervaardig om slegs sy eie gewig en spanning te dra. Drankies mag glad nie op 'n klavier neergesit word nie. Water of drinkgoed wat op die klavier gestort word, kan in sommige gevalle onomkeerbare skade en hoë herstelkoste veroorsaak. Indien 'n vloeistof op die klavier gestort is en dit in die meganika van die klavier beland het, skakel onmiddellik met u klaviertegnikus om enige verdere skade te voorkom.

Klaviervervoer Of -Verskuiwing

Gebruik slegs 'n professionele deskundige wie gespesialiseerde toerusting gebruik, vir die vervoer of verskuiwing van u klavier. Indien u hierdie reël nakom, voorkom u die moontlikheid van beserings aan uself, asook aan iemand wat u daarmee help. Dit sal ook moontlike skade aan u instrument en u eiendom voorkom.

Lees meer omtrent
Klavierverskuiwing
Klaviervervoer

Keuse Van 'n Klaviertegnikus Ook Genoem Klavierstemmer

Maak slegs gebruik van 'n gekwalifiseerde klaviertegnikus wie, verkieslik, lid is van die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers om aan 'n instrument so waardevol soos u klavier te werk. U benodig 'n betroubare en bekwame klaviertegnikus om u klavier met groot sorg in stand te hou en wie die kennis het om u te help om die regte besluite te neem. Hy of sy sal in voeling bly met al u klavierbenodighede. Dit kan vir u net voordelig wees om 'n lewenslange verhouding met so 'n klaviertegnikus te bewerkstellig. Moenie self probeer om herstelwerk te doen nie. Hoewel die oplossing vir 'n probleem voor die handliggend blyk te wees, soos om byvoorbeeld 'n los klawerbedekking te herstel, sal 'n gekwalifiseerde klaviertegnikus, ook genoem klavierstemmer, die geskikte gereedskap en onderdele hê, om die herstelwerk flink, akkuraat en reg te doen. Dis belangrik om te onthou dat onsuksesvolle amateurherstelwerk wat deur 'n ongekwalifiseerde tegnikus uitgevoer word, gewoonlik baie duurder is om reg te stel as wat die oorspronklike probleem sou wees en mag waardevermindering van u instrument tot gevolg hê.

Lees meer omtrent
Waar Kry Ek 'n Gekwalifiseerde Persoon Om My Klavier Te Diens En In Stand Te Hou?
Maak Slegs Gebruik Van 'n Gekwalifiseerde Professionele Persoon Om U Klavier Te Stem

Ter Afsluiting Van Basiese Klavierversorging

Dankie dat u ons dokument omtrent algemene klavieradvies gelees het.

  • Laat u klavier gereeld stem deur 'n gekwalifiseerde klaviertegnikus ook genoem klavierstemmer;
  • maak u klavier skoon op die voorgeskrewe metode;
  • pas temperatuur- en humiditeitsbeheer toe;
  • geen swaar voorwerpe of drinkgoed op die klavier nie;
  • maak slegs gebruik van professionele kundiges vir die hantering van en werk aan u klavier.

Indien u enige verdere inligting of hulp benodig, kan u dit op ons webwerf vind, of kontak ons.

Hierdie bladsy is ook in Engels beskikbaar

Gaan Na Navigasie Van Bladsy

Kallie Swanepoel Klavierstemmers is geaffilieer by en geakkrediteer deur die Logo van die Suid-afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Klavierstemmers

Kallie Swanepoel Klavierstemmers BK Registrasienommer 2003/023549/23

Terug Na Bo Aan Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Algemene Klavieradvies

Valid HTML 4.01 Transitional vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Algemene Klavieradvies  Valid CSS vir Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Algemene Klavieradvies!

Geskep deur Kallie Swanepoel Klavierstemmers
Pretoria Gauteng Suid-Afrika
Opgedateer op 05 April 2010
Kopiereg © 2006
Kallie Swanepoel Klavierstemmers | Algemene Klavieradvies